"Our passion is to connect people. First of all to Jesus and then to one another"

Ons volgende kamp is 'n VROUEKAMP. Die kamp vind plaas die naweek van 23 - 25 MAART 2018 by Bhejane Game Reserve in die Willowmore distrik in die Oos Kaap.

Koste van kamp is R 450 per persoon.

Kerygma Bedienings Toerustings kampe is nie kampe waar jy die 10 punt plan gaan kry om ‘n beter christen te wees nie, of die nuutste metode van hoe om jou man of vrou te behandel nie, ja dit gaan ook gebeur maar dit is veel eerder ‘n kamp waar jy uitgedaag gaan word om jouself te vind.

Jouself te vind in jou indentiteit in Christus. Ons gaan die harde vrae vra soos, Is jy regtig gered ? Ons gaan mekaar bedien met Woord en liefde. Ons gaan jou ook toerus om meer profeties te leef en jou bedieing te ontdek en uit te leef.

Jy gaan baie alleen tyd in die natuur kry. Alles om nader aan God te kom.
Indien ‘n persoon hom- of haarself in Christus gaan ontdek, gaan hy begin leer en ondervind dat hyof sy ‘n lewe het wat die moeite werd is om te leef, gaan jy 'n perfekte pa of ma vir jou kinders wees, die perfekte man vir jou vrou of vrou vir jou man wees en jou eggenoot/te met passie lief hê.