



Welkom by Kerygma Ministries – ‘n bediening wat toegewy is daaraan om gelowiges bloot te stel aan hul volle potensiaal in die Koningkryk van Jesus Christus.
Ons glo daarin om jou te help om jou volle potentiaal te bereik in die area waarin God jou geroep en geplaas het. Sedert 2012 hou ons met passie en toewyding kampe waar ‘n atmosfeer geskep word waar gelowiges ‘n diep persoonlike ontmoeting met die Drie Enige God kan ervaar.
Ons bedoeling is om ‘n ruimte te bied waar jy nie net ‘n groter begrip van jou geloof ontwikkel nie, maar ook waar jy praktiese toerusting ontvang om doelgerig en doeltreffend te leef as ‘n dissipel van Jesus in die wêreld van vandag.
Kom deel in die reis van selfontdekking en geestelike groei. Ons sien daarna uit om saam met jou te wandel terwyl jy jou roeping ontdek en ‘n impak maak in die Koningkryk. Ons is hier om jou te ondersteun op hierdie opwindende pad van geloof, vreugde en vervulling.
Gereelde Vrae / FAQ
Wanneer begin die kamp?
Die naweek kampe begin 6nm op Vrydag aande. Aandete is 7nm.
Dit is altyd ‘n goeie idee om so vroeg as moontlik te arriveer sodat jy jou slappplek kan kry en kan uitpak.
Tot wanneer is kamp?
Ons beplan altyd om teen 11vm Sondag oggend klaar te maak sodat kampers op die laatste teen 12 uur kan vertrek.
Wat is ingesluit in die prys?
Die koste van die kamp sluit 2 nagte se verblyf in en 4 etes. Saterdagoggend geniet ons teen 10:30 ‘n brunch, so dit is ‘n goeie idee om vir jou beskuit of ander ontbyt kos saam te bring indien jy vroeg in die oggende eet.
Will there be catered for English speaking campers?
We cater for English and Afrikaans so you will understand.
